15 sterf in busongeluk

Vyftien mense is dood en talle beseer nadat ʼn bus Vrydag in die Hexrivierpas by ʼn steilte af gerol het.

Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, sê die dubbelvolume-bus het sowat 60 mense vervoer toe dit die pad verlaat en by ʼn skuinste afgerol het. Die ongeluk het op die N1-snelweg naby De Doorns plaasgevind. Dit is nog nie bekend wat die ongeluk veroorsaak het nie.

Paramedici en nooddienste is steeds op die toneel om mense wat in die bus vasgekeer is, te behandel.

Die pas is vir verkeer gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.