15 sterf in Knysna-busramp

@zainjohnson het die foto op Twitter geplaas.

Reddingswerkers het reeds 15 liggame, waaronder 14 kinders, uit ʼn dam in Rheenendal in Knysna gehaal, nadat die bus waarin hulle gery het Woensdagoggend die pad verlaat het en in dié dam beland het.

Volgens die Wes-Kaapse nooddienste was daar meer as 40 kinders, tussen die ouderdomme van sewe en 17, op die bus toe die bestuurder na bewering beheer verloor het oor die bus en dit in die dam beland het. Die bestuurder van die bus is op die toneel dood verklaar. Die bus was glo onderweg na Laerskool Rheenendal, maar dit is nie duidelik of al die kinders leerlinge aan die skool was nie. Polisieduikers, paramedici en nooddienste is steeds op die toneel. Talle kinders is reeds na omliggende hospitale geneem vir behandeling. Die ongeluk het omstreeks 08:10 Woensdagoggend plaasgevind.

Op 27 Maart 1985 het 43 kinders gesterf toe ʼn bus deur die Westdene-dam in Johannesburg se heining gebars het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.