Volgens die Wes-Kaapse nooddienste was daar meer as 40 kinders, tussen die ouderdomme van sewe en 17, op die bus toe die bestuurder na bewering beheer verloor het oor die bus en dit in die dam beland het. Die bestuurder van die bus is op die toneel dood verklaar. Die bus was glo onderweg na Laerskool Rheenendal, maar dit is nie duidelik of al die kinders leerlinge aan die skool was nie. Polisieduikers, paramedici en nooddienste is steeds op die toneel. Talle kinders is reeds na omliggende hospitale geneem vir behandeling. Die ongeluk het omstreeks 08:10 Woensdagoggend plaasgevind.
Op 27 Maart 1985 het 43 kinders gesterf toe ʼn bus deur die Westdene-dam in Johannesburg se heining gebars het.