Sestien mense is beseer, waarvan drie ernstig, in ʼn busongeluk Donderdagoggend op die R71 naby Tzaneen in Limpopo.
Jeff Wicks, woordvoerder van Netcare911, sê die busbestuurder het glo beheer verloor waarna die bus omgeslaan het. Wicks se meeste van die beseerdes het self uit die wrak geklim en is op die toneel behandel voor hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere behandeling. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.