16 dood in vuurwerk-ongeluk

Vuurwerke in Meksiko (Argieffoto)

Sestien mense is dood toe ‘n vragmotor vol vuurwerke tydens ‘n godsdienstige optog in Meksiko ontplof het.

Volgens die Tlaxcala-regering is 154 mense in die ongeluk, wat reeds Vrydag plaasgevind het, beseer en 72 word steeds in hospitale behandel. Een getuie het gesê hy het “liggame deur die lug sien trek” toe ‘n vuurwerk op die vragmotor in die dorpie, Jesus Tepactepec, geval het. Die optog is gehou vir die dorpie se beskermheilige.

Vuurwerke word gereeld in Meksiko tydens vieringe afgeskiet, maar ongelukke vind gereeld plaas weens wanhantering of ‘n gebrek aan veiligheidsmaatreëls.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.