16-jarige ernstig beseer tydens fietsongeluk

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 16-jarige seun veg om sy lewe nadat hy Saterdag omstreeks 19:40 in Tongaat in KwaZulu-Natal met sy fiets geval het.

“Die seun het vermoedelik teen ʼn afdraende beheer oor die fiets verloor,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, gesê. “Hy het geval en sy kop gestamp.” Volgens Botha het die voorval naby Sastri-sirkel in Tongaat plaasgevind.

“Die kind het op die grond gelê toe paramedici by die toneel opgedaag het. Hy is baie ernstig beseer.”

Paramedici het die seun op ʼn asemhalingsmasjien geplaas en hom na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Justi ·

Wens jou n spoedige en volkome herstel toe. Sterkte aan die seun se ouers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.