16-jarige van Brakpan vermis

Nicolene Fourie word sedert 28 November 2012 vermis.

Nicolene Fourie (16) van Brakpan word sedert 28 November vermis.

Sy is laas deur ‘n vriend naby Parkstasie in Johannesburg gesien. Nicolene het kort, swart hare, sy is 1.74m lank en weeg sowat 65kg.

Sy het snymerke aan beide haar arms en bene.

Toe sy laas gesien is, het sy ‘n neongeel T-hemp, swart denim, tekkies en verskeie gekleurde rekkies aan haar pols aangehad.

Indien enigiemand oor inligting beskik waar Nicolene haar bevind, word hulle versoek om met Brakpan-polisiestasie by 011 744 4940 in verbinding te tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.