16-jarige van Vereeniging word vermis

Monique Engelbrecht

Monique Engelbrecht, ʼn 16-jarige meisie van Vereeniging, word sedert 13 Januarie vermis.

Engelbrecht het lang swart hare, bruin oë en weeg sowat 50kg.Volgens die organisasie, Missing Children South Africa, het sy ʼn neon-oranje hemp en ʼn swart broek aangehad toe sy die laaste keer in Mintstraat in Arconpark gesien is.Enigiemand met inligting oor waar sy haar bevind, kan die organisasie by 072 647 7464 bel of met die Vereeniging-polisie by 016 450 2045 in verbinding tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.