16-jarige verdrink by Umdloti-strand

Umdloti-strand

‘n 16-jarige het Saterdag by Umdloti-strand in KwaZulu-Natal verdrink.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911 het gesê die meisie het kort ná 17:00 in ‘n sleurstroom beland. “Lewensredders het tot haar hulp gesnel en kon haar na die strand toe trek, maar sy het ophou asemhaal en hulle het dadelik met KPR-behandeling begin,” het Botha gesê.

Die meisie was in ‘n kritieke toestand en is op ‘n asemhalingsmasjien geplaas. “Ten spyte van hul pogings is sy egter op die toneel dood verklaar,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.