16 sterf in botsing in Oos-Kaap

Sestien mense is Saterdagoggend dood na ʼn botsing tussen ʼn skoolbus en ʼn taxi op die R61 tussen Cradock en Graaff-Reinet.

AlgoaFM berig dat drie insittendes van die skoolbus en 13 van die taxi op die toneel gesterf het. Volgens berigte is ‘n skoolhoof en twee kinders onder die oorledenes. Die skoolbus was glo op pad na ‘n sportbyeenkoms in Graaff-Reinet. Tsepo Machaya, provinsiale verkeerswoordvoerder, sê hulle kan nog nie bevestig hoeveel mense is beseer nie aangesien paramedici steeds op die toneel is.

Meer besonderhede volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ronell van Zyl ·

My gebede gaan uit na al die slagoffers en n oud skolier en sy familie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.