16 sterf in gru-ongeluk

Sestien mense, waaronder nege onderwysers, is dood na ʼn minibus en ʼn bakkie Vrydagoggend buite Zeerust in Noordwes gebots het.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt.kol. Lesego Metsi, sê die twee voertuie het reg van voor gebots en aan die brand geslaan. Hy sê al die insittendes in die minibus, wat onderwysers na ʼn konferensie in Rustenburg vervoer het, het in die voertuig doodgebrand. Die bestuurder van die bakkie was van Rustenburg onderweg en het vyf passasiers vervoer. Die bestuurder het glo beheer verloor oor die voertuig en reg van voor teen die minibus gebots. Metsi sê die identiteite en geslag van die slagoffers is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.