16 vas na hulle glo kragkabels steel

handcuffs3-320x257Die polisie in Limpopo sê 16 mense is in hegtenis geneem nadat hulle glo kragkabels by ʼn ondergrondse mynskag in Thabazimbi gesteel het.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, sê daar is ook op twee minibussies en koperkabels ter waarde van R500 000 beslag gelê. Mulaudzi sê die polisie het Saterdagoggend die Amandelbult-mynskag besoek nadat hulle ʼn wenk oor ʼn kabeldiefstal-sindikaat ontvang het. “Die sindikaat van meer as 26 mense sou ʼn week ondergronds spandeer waartydens hulle koperkabels geknip het en dit in ʼn geheime plek geberg het.” Mulaudzi sê die ander lede van die sindikaat het ontsnap en word daar vermoed dat van hulle in die mynskag wegkruip. Hy sê die 16 verdagtes sal Maandag in die Thabazimbi-landdroshof verskyn.

Die polisie het Vrydag vier mense in hegtenis geneem en op koperkabels ter waarde van R250 000 beslag gelê na klopjagte op vyf skrootmetaal-handelaars in Tzaneen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.