16 Voertuig-botsing in Johannesburg ontwrig verkeer

Foto: @jarodvanessa op Twitter

Verkeer in Johannesburg is erg ontwrig na ’n swaarvoertuig net na 17:00 geknipmes en ’n botsing met 15 ander voertuie op die N1-suid naby die Rivonia-afrit veroorsaak het. ’n Gedeelte van die hoofweg is gesluit terwyl nooddienste die toneel opgeruim het. Teen 18:30 is twee bane vir verkeer oopgemaak. Niemand is in die botsing dood nie. Twee mense is wel ernstig beseer.

Volgens Jeffery Wicks, woordvoerder van Netcare911, het die swaarvoertuig beheer verloor nadat verkeer skielik tot ʼn stilstand gekom het en dit nie betyds kon stop nie. “Die swaarvoertuig het uitgedraai en omgeslaan en teen 15 ander voertuie gebots. Twee mense is ernstig beseer,” het hy aan Maroela Media gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.