162 dronkbestuurders in JHB vas

162 dronkbestuurders is voor die langnaweek by nege padblokkades regoor Johannesburg in hegtenis geneem.

“Een persoon is in hegtenis geneem wat glo met ‘n gesteelde voertuig rondgery het, en ‘n ander persoon se voertuig se voertuigregistrasie was vervals,” het Wayne Minnaar, woordvoerder vir die stad se metropolisie, Vrydag gesê. Minnaar sê al die persone wat in hegtenis geneem is sal volgende week in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.