17 beseer in ongeluk tussen bus en vragmotor

Argieffoto

Argieffoto

Sewentien mense is beseer toe die bus waarmee hulle gereis het, in ʼn omgeslane vragmotor vasgery het. Die ongeluk het sowat 10km buite Britstown op die pad na Victoria-Wes in die Noord-Kaap plaasgevind.

Volgens kolonel Hendrik Swart van die Noord-Kaap polisie het die ongeluk Dinsdagnag omstreeks 23:50 gebeur. Die vragmotor, wat staal vervoer het, het omgekeer en die pad versper. Die bus het daarna in die vragmotor vasgery. Vyftien passasiers is beseer, en beide die bus- en vragmotorbestuurders is ernstig beseer. Swart sê al die beseerdes is na die hospitaal in De Aar geneem. “Dit lyk asof hulle almal buite gevaar is.”

Die polisie ondersoek ʼn klag van roekelose bestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.