17 beseer, vyf sterf in aanval

Vyf mans is dood en 17 ander beseer na ʼn aanval in Ngudwini, suid van KwaZulu-Natal.

EWN berig ʼn groep verdagtes het Saterdagaand losgebrand op ʼn groep mense wat ʼn tradisionele geleentheid in die omgewing bygewoon het. Die rede vir die aanval is nog nie bekend nie.

Die gewondes is na verskeie hospitale in die omgewing geneem.

Jay Naicker, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê speurders is Sondag terug na die toneel, omdat dit Saterdagaand te donker was om genoegsame bewyse in te win. Volgens Naicker glo hulle dat verdere ondersoeke lig sal werp op die rede vir die aanval en tot die inhegtenisname van die skuldiges sal lei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.