17 leerlinge by een skool swanger

Argieffoto

ʼn Skool in Noordwes het die ouers van ten minste 17 swanger dogters versoek om op bystand te wees indien een van die dogters wil kraam.

Bayanda Zenzile, woordvoerder vir departement van onderwys in Noordwes het aan SowetanLIVE bevestig dat 17 leerlinge van Hoërskool Barolong in Mahikeng, tussen 14 en 18 jaar oud, swanger is.

Verskeie ouers wag buite die skool, gereed om hul dogters te help indien hul wil kraam. Zenzile sê die ouers en voogde van die leerlinge het ingestem om beskikbaar te wees. Verskeie ouers het egter hul bekommernis uitgespreek dat hulle nie werk toe kan gaan nie en dat hulle nie die vaardighede of hulpbronne het indien hul dogters geboorte moet skenk nie.

ʼn Personeellid het aan die koerant gesê dat een student reeds by die skool gekraam het. Sy sê swangerskappe maak dit moeilik vir onderwysers, aangesien swanger studente moontlik aan die slaap kan raak wanneer hulle eksamen skryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

LILLY DE BEER ·

sjoe wat gaan aan in die onderwys dat hulle sulke goed kan toelaat, gun wonder dit gaan so in die land en in die skole nie.

Samantha ·

Ek is geskok!! EEN SKOOL, 17 swangerskappe????

Ek knyp my oë toe en vra; lees ek reg, kan dit wees?????? Dit is onaanvaarbaar, wat is die oplossing? Wat kan ‘n mens tog doen om dit stop te sit? 17 kinders wat nou die grootmenswereld moet betree, 17 babas wat versorg moet word… … ons praat hier van 34 kinders se lewens wat ek met vraagteken oë aankyk.

Ek wonder nou maar net waar die pa’s hulleself bevind, is daar ooit een wat ook verantwoordelikheid neem?

Johanna ·

Sjoe dit is skokkend in my tyd was dit groot geheim gehou en niemand het daaroor gepraat nie.
Dit is baie hartseer dat dit gebeur in die skole, lyk my daar is nie meer standaarde nie en niemand het meer trots in hulself nie.

Mel ·

Goeie genade, wat my pla is dat kinders van 14 swanger raak. Liewe Hemel hulle lewe het nog nie eers begin nie. Wat weet ‘n kind van ‘n baba groot maak.

Ek wil graag weet hoe het die ouers dit toe gelaat en genade nee ek sal van my kop af raak.

Daar is so iets soos aborsie maar nee, mos maklik raak swanger en kry staat subsidie wat nie eers alles dek wat ‘n kind moet hê nie. Ek blameer die ouers en ek dink dat hulle verdien wat hulle hier kry.

Jammer maar geen mens in sy gesonde verstand sal dit aanvaar nie en dat dit in een skool gebeur iets is iewers nie bluis nie.

Dis my mening kondome in elke toilet as dit moet maar wat weer kinders van seks af.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.