17 nuwe skole in Gauteng

Barbara Creecy, LUR vir onderwys in Gauteng Foto: Werner Beukes/SAPA

Barbara Creecy, LUR vir onderwys in Gauteng Foto: Werner Beukes/SAPA

Altesaam 17 nuwe skole het Woensdag in Gauteng hul deure oopgemaak.

Barbara Creecy, LUR vir onderwys in Gauteng, het amptelik die Palm Ridge Sekondêre Skool oopgemaak.

Creecy het ook besoek afgelê aan Laerskool Realeboga, ook in Palm Ridge aan die Oos-Rand. Sy het ouers en hul kinders op die eerste skooldag verwelkom. Sy wou by die leerlinge weet wat hulle graag wil word, en was verras deur party se antwoorde: vlieëniers, regters, onderwysers.

Creecy het ook skoolklere uitgedeel en skooltoilette deursoek vir graffiti. Sy sê ouers moet aktief deelneem aan hul kinders se opvoeding. “Ouers moet vennote wees van die skool. As ʼn kind ongelukkig is by die huis, moet die ouers ʼn vergadering met die betrokke onderwyser reël om ʼn oplossing te kry,” het sy gesê.

Sy het ook die belangrikheid van huiswerk beklemtoon en gesê ouers moet seker maak dat hul kinders se huiswerk gedoen is voordat hulle buite kan gaan speel.

Sy het ook Edenpark Sekondêre Skool besoek. Dié skool het ʼn matriekslaagsyfer van 94.9%, ondanks die feit dat die skool in ʼn gebied geleë is wat bekend staan vir sy maatskaplike probleme soos alkohol- en dwelmmisbruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.