17 trokke in KZN onpadwaardig verklaar

bloulig-320x203Altesaam 17 onpadwaardige vragmotors in KwaZulu-Natal se lisensies is opgeskort.

Willies Mchunu, LUR van die provinsie se departement van vervoer, het in ʼn verklaring gesê die vragmotors se lisensies is Vrydag weens verskeie foute opgeskort.

“Verkeersbeamptes het tydens ʼn veldtog voor die feesseisoen 24 vragmotors getoets. Altesaam 17 vragmotors se lisensies is opgeskort, en 28 boetes ter waarde van R21 000 is uitgereik,” het Mchunu gesê.

“Operation Phezukwabo”, wat beteken “ons is op hulle”, is verlede maand van stapel gestuur. Die veldtog fokus op die veiligheid van voertuie, veral vragmotors.

 

Die provinsie is die afgelope ruk geteister deur vragmotorongelukke, waaronder die gru-ongeluk in Pinetown wat die lewens van 24 mense geëis het. Sien ʼn video van die ongeluk hier.

Mchunu het gesê die feit dat daar tydens een veldtog soveel vragmotors onpadwaardig verklaar is, toon die erns van die uitdaging waarmee die departement te doen het.

Hy het gesê meer verkeersbeamptes gaan van nou af sigbaar wees om te verseker dat verkeersoortredings en padsterftes afneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.