18-jarige het dalk ‘n lyk verkrag

Argieffoto

Argieffoto

‘n 18-jarige man wat van moord en verkragting aangekla word, het Woensdag in die Pietermaritzburgse hooggeregshof erken hy het seks met ‘n “roerlose” 14-jarige gehad.

Hy het nie ontken dat sy in daardie stadium moontlik nog gelewe nie. Indien die meisie nog gelewe het, wat moontlik later deur mediese bewyse gestaaf sal word, sal hy skuldig bevind word aan verkragting. Die alternatiewe klagte tot verkragting is seks met ‘n lyk.

Die man se twee medebeskuldigdes, albei minderjarig, het onskuldig gepleit op alle aanklagte.

Die staat voer aan die meisie is in Julie 2011 oorval en in die bos naby die Pietermaritzburg-begraafplaas in gesleep waar sy verkrag en aangerand is. Sy het aan kopbeserings beswyk.

‘n Jeugdige sal Donderdag glo deur ‘n tussenganger getuig. Die getuie sal in ‘n ander kamer sit en die antwoorde op die vrae sal deur kringtelevisiemateriaal aan die hof uitgesaai word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Willy ·

Ag nee sies!!! How low can he go!! Hoe is die nasie so seksbehep? Is dit nie waar dat hoe laer die IK hoe hoër die seksdrang?
Nou moes ek hierdie berig voor ete lees!

Trippie ·

Nou-ja, ek wou se “smaaklike ete” … maar my eetlus is self mhur-toe.

Willy ·

Ek is naar! Ek is baie naar! En net as ek dink ek het nou al als gehoor spring daar nog ‘n viesliker ding op.
My eetlus is natuurlik ook mhur toe.

Seg Net ·

Is dit hoe hulle nou deesdae na 1994 optree en geleer word wat is dit om soos beskaafde mense te leef? Sedert die anc se bewind kan mens enige iets wat laag, gemeen en onmenslik is verwag. Kan enige iets laer as dit daal? Glo hulle sal hulle eie mas en susters ook verkrag. Geen taal het ‘n beskrywende woord vir die drek nie.

Trippie ·

Hallo vriend … dink jy moet gou gaan loer by “Brand by ANC-hoofkantoor” (Praag) !

akram ·

Dis hoe dit gaan. Dis erg en word as abnormaal beskou, maar nou ja. Daai “bos” sal mens seker nooit uit sommiges kry nie. Doodstraf sal help. Maar nou ja, wat help dit? Ons blaas teen n stormwind.

JAVR ·

Wat kan mens tog sê behalwe om te gril tot in jou tone!!! Die mensdom is skoon behep met hulle what shall we call its!!!! Dis ‘n BAIE klein deeltjie van jou liggaam idiote!!! Baie ander om te “explore” soos byvoorbeeld jou BREIN!!! Magtag

desiree ·

Afskuwelik – mens walg net om daaraan te dink- waarheen gaan die morialiteit heen? Verkragters moet in die openbaar opgehang word totdat hulle dood is, of in die openbaar gestenig word, dan moet die aasvoels sommer daai gemors se lyk opvreet – die doodstraf moet terug gebring word

Rudi ·

Ek stem – en enigiemand wat so ‘n mens teen die doodstraf beskerm, kry dieselfde behandeling as die stam van Benjamin.

Jenny Upshon ·

As dit is wat die persoon op 18 (volwasse) doen, wat gaan hy doen waneer hy 28 is? Ons kan vanselfsprekend aanvaar dat hy in die toekoms iemand se eggenoot, pa en deel van ‘n gemeenskap gaan wees.Wil enig van julle (insluitend die regter) hom in julle gemeenskap he?Dit beteken hy kan jou buurman, of die pa van jou kind se vriende wees.Wees eerlik; wat is die kans op rehabilitasie vir die persoon as hulle so iets sou ondergaan?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.