18-jarige prostituut ontvoer, verkrag

Argieffoto

ʼn 18-jarige prostituut beweer sy is teen haar wil ontvoer en vir twee dae lank deur ʼn paartjie in Kaapstad verkrag.

Die Daily Voice het Maandag berig ʼn man het haar verlede week in Mainstraat in Kenilworth genader en na sy huis in Belhar geneem waarna hy geweier het dat sy die huis verlaat. Sy beweer sy is onderwerp aan verskriklike seksuele mishandeling.

Sy het uiteindelik daarin geslaag om Vrydag uit die huis te ontsnap en is deur mense in die buurt gesien waar sy naak in die straat gehardloop en om hulp geroep het.

Kapt. Frederick van Wyk, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die paartjie gaan binnekort in die hof verskyn op aanklagte van verkragting en ontvoering.

“Die slagoffer het die huis van die verdagtes uitgewys. Die polisie het ʼn 52-jarige man en ʼn 38-jarige vrou in hegtenis geneem,” het hy gesê.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.