18-jarige toon berou ná hy bloed laat kook op Twitter

'n Skermskoot van die twiets

‘n Skermskoot van die twiets

ʼn Twiet met ʼn dreigement oor ʼn selfmoordbom by ʼn Afrikaanse kleuterskool of kerk het opslae gemaak op Twitter.

“BlackSheep (@SammyT_illest) tweeted at 7:44 PM on Wed, Jan 22, 2014: @EmileLouis @tercialombard @genis235 Whatever, as I said: If I had it my way, I’d suicide bomb in an Afrikaner pre-school or church”[sic]. Dít is die twiet wat ʼn 18-jarige man Woensdagaand in ʼn woedebui getwiet het nadat ʼn vurige debat oor kultuur op Twitter kookpunt bereik het.

Samuel Maledu, wat glo die twiet gestuur het, het Vrydag aan Maroela Media gesê hy was ontstoke toe hy die twiet gestuur het. Hy en sy vriende het vroeër die dag flieks met ʼn rasse-ondertoon gekyk wat hom baie ontstel het. Van die flieks wat hulle gekyk het, is 12 Years a Slave en die nuwe rolprent Mandela: Long walk to Freedom.

“Dit was onstellend om te sien hoe ʼn wit Afrikanerman ʼn swart vrou aanrand. Ek en my vriende het ons woede tot Twitter gewend en die debat het handuit geruk, soos wat meer mense begin saamgesels het. Ek het die uitlatings gemaak uit woede. Ek het nog nooit vantevore sulke goed gesê nie en sal dit ook glad nie doen nie,” het hy gesê met verwysing na die selfmoordbomaanvalle.

“Ek was ook nie die enigste een wat rassistiese opmerkings gemaak het nie. Van die wit mense het sleg gepraat van Madiba en die land se volkslied, en dit het olie op die vuur gegooi.”

Hy het Vrydag erken wat hy gedoen het, is verkeerd en dat hy berou het.

Danie de Beer (45), ʼn inwoner van Kraaifontein wat die kwessie onder Maroela Media se aandag gebring het, het Vrydag gesê hy was deel van die gesprek en debat. Die debat het eskaleer en talle mense wat daaraan deelgeneem ontstel, veral toe Maledu en sy vriende begin het met haatspraak en dreigemente. Skermskote van die gesprek is geneem en iemand het gedreig dat hulle hom by die polisie gaan aanmeld. De Beer dreig om Maledu by die Menseregtekommissie (MRK) aan te kla. “As hy egter berou het, dring ek daarop aan dat hy publiek om verskoning vra oor dit wat hy gedoen het.”

Maledu het gesê hy vra groot om verskoning, hy sou dit op Twitter gedoen het, maar sy profiel is intussen deur Twitter gesluit nadat mense oor sy gedrag gekla het. “Ek vra dus deur Maroela Media vir almal om verskoning wie ek ontstel het. Die hele kwessie het my laat dink en ek is regtig jammer,” het hy gesê. Hy het ook bygevoeg dat hy nie meer verder op sosiale media betrokke gaan wees nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

LoVern van Tonder ·

ag shame hy was woedend om te sien hoe ‘n wit afrikaner man ‘n swart vrou aanrand in ‘n fliek, hoe woedend dink hy is ons nie dat ons families, vriende en volk elke liewe dag deur swart mense doodgemaak, aangerand en geteister word.

Fanie Schoeman ·

Baie goeie nuus.Het gekyk na sy profiel op Twitter en hy is jong arrogante klein grootbek,gebruik vieslike taal en ek is bly dat stappe teen hom geneem is.

Tercia Lombard ·

Baie dankie dat die saak opgevolg is dit gebeur te dikwels en te maklik en moet stopgesit word. Daar is te veel geweld in ons land soos dit is … die jeug lees die klas haatspraak en dink dit is aanvaarbaar om wit mense te haat en vermoor!!

Rudi ·

Posting in English in case Maledu gets to read it.

There’s plenty of hate to go around, so if your apology is sincere, then I accept it, and I hope as many people as possible will accept it. Everyone makes mistakes. If you’ve learned your lesson and you’re truly regretful, then hopefully you can forgive yourself as well.

But I think this demonstrates just how dangerous the one-sided, fictionalized, distorted “history” of the Mandela movie (and others like it) is. This is propaganda intended to enrage people and perpetuate blatant untruths about history. Even when they make use of actual incidents, it’s presented in such a way as to demonize and dehumanize their targets… and even people who otherwise would be level-headed and thoughtful are being emotionally manipulated with such imagery. Those who allow themselves to be manipulated are not blameless, but the creators of this propaganda have a lot to answer for.

Going by the results it had on Maledu, I think that we would be justified if we move to have these films classified as hate speech.

abes ·

I totally agree with you… this is exactly the kind of proof we need to state that movies like “mandela, long walk to freedom” is pure propaganda to have pscychological effects on people amd should be classified as hatespeech!!

mickey ·

die perd moet net weet die gevoel is wedekerig en ek is nie jammer daaroor nie

VerVanRyn ·

Ek dink dit sal goed wees as die mnr. Danie de Beer wel ‘n klag by die MRK indien…as dit nie is om die snuiter se ore warm te maak nie kan dit dalk dien om te sien of die MRK “wit” ook as ‘n menskleur beskou…

GawieM ·

Indien ek moet se wat ek dink en voel sal hulle my verseker ook gaan aankla, so ek hou maar liewer my mond.
Daar word meer Blankes in een maand doodgemaak deur swartes as wat daar in ‘n jaar voor 1994 doodgemaak was. Dit vertel mos die hele storie.

retha ·

18 jr? So was nog nie eens deel van 1994 verkiesing? Snuiter skaap bring jou bom!

Monica ·

As ‘n blanke sulke dreigemente kwyt geraak het oor swart skole, was die persoon nou in die tronk en hierdie persoon kom met ‘n lamlendige verskoning vry?!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.