18-jarige van Pretoria word vermis

Robin Courtney Werner

Robin Courtney Werner (18) van Constantiapark in die ooste van Pretoria, word sedert 3 Desember vermis.

Haar pa het haar laas op 3 Desember gesien. Sy is ‘n student wat gereeld by die huis is en het slegs met die klere wat sy aangehad het, vermis geraak. Sy het ‘n letsel aan haar linkerhand.Sy is klein gebou, sowat 1.2m lank en weeg 70kg. Sy het groen oë.

Enigiemand met inligting oor waar sy haar bevind kan met WO Nel by die Garsfontein-poisiestasie in verbinding tree deur 082 781 0105 of 012 470 4233 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.