18-jarige van PTA word vermis

Elizna Grobler

Elizna Grobler, ʼn 18-jarige meisie van Pretoria, word sedert 18 Julie vermis.

Elizna, ʼn leerling aan die Hoërskool Waterkloof, is laas by die skool gesien en het nie die middag by die huis opgedaag nie. Haar ouers woon in Kniehalterstraat in Erasmuskloof x2. “Ek was vandag [Donderdag] weer by die skool, maar daar is nog geen nuus oor waar sy haar kan bevind nie,” het kapt. Oscar, ondersoekbeampte op die saak, aan Maroela Media bevestig.

Elizna het haar skoolklere aangehad. Dit is ʼn blou rok, swart skoene en ʼn Hoërskool Waterkloof-rugsak. Sy het ligte bruin/blonde hare, blou oë, is 1.72m lank en weeg ongeveer 72kg. Sy het ‘n naeltjiering.

Enigiemand met verdere inligting word versoek om dringend met die polisie in verbinding te tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

ansie hamman ·

lyk my dit is nou ‘n mode onder die tienermeisies! nie een van die meisies wat vermis geraak het in pretoria was n ernstige saak nie, almal van hulle het tot dusver weggeloop, ek weet mens weet nooit, maar dis ‘n uitgawe vir ieder en elk wat betrokke is/was by alle soektogte! a nee a! lyk my hulle kort een helse pak slae!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.