18-jarige verkrag glo eksmeisie

‘n 18-jarige is in hegtenis geneem nadat hy glo sy eksmeisie in Butterworth in die Oos-Kaap verkrag het.

“Die tiener het glo Saterdag op sy 16-jarige vriendin afgekom waar sy met sy susters sit en kuier het,” het kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, gesê. Hy wou met haar praat, maar sy het geweier. Hy het haar toe glo naby ‘n kerk verkrag, berig SowetanLIVE. Die tiener is Sondagaand in hegtenis geneem. Hy sal binnekort in die landdroshof in Butterworth verskyn op aanklag van verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.