18 kitsbanke al in Wes-Kaap opgeblaas

Die skade van die vlaag van kitsbank-ontploffings aan die Wes-Kaap beloop al meer as R1-miljoen.

Dié syfer is Dinsdag deur die Suid-Afrikaanse bankrisiko-inligtingsetnrum bekend gemaak. Volgens die sentrum kos elke masjien wat opgeblaas word tussen R50 000 en R300 000 om te vervang. Die geld wat tydens so ʼn rooftog gesteel word, is ni­e by dié bedrae ingereken nie.

Die City Times berig dat daar sedert Januarie al 18 kitsbanke in die provinsie opgeblaas is. Gebiede soos Nyanga, Goodwood, Ottery en Parow word geteiken. Polisie vermoed dat ʼn bende vir die kitsbank-ontploffings verantwoordelik is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.