Agttien onwettige mynwerkers is teen vanoggend by ‘n verlate skag van die Harmony-myn in Welkom gered terwyl talle nog ondergronds vasgekeer is.
Die polisie vermoed dat minstens 30 onwettige mynwerkers sowat 500 meter onder die oppervlak vasgekeer was. Die 18 onwettige mynwerkers wat reeds gered is, is in hegtenis geneem en van betreding aangekla. Dit is nog nie duidelik of daar enige sterftes is nie. Twee onwettige mynwerkers het die polisie Dinsdag in kennis gestel dat daar onwettige mynwerkers onder die grond vasgekeer is na ʼn rotsstorting vroeër die oggend. Hulle het glo vir goud gegrawe. Die reddingspoging duur voort.