18 vas oor hondegevegte

Argieffoto

Argieffoto

Altesaam 18 mense is in hegtenis geneem vir hul betrokkenheid in onwettige hondegevegte in Tsakane aan die Oos-Rand, het die NDBV Maandag gesê.

Veertien veghonde is Sondag tydens die klopjag gered, het die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) gesê. “Gewelddadige en georganiseerde hondegevegte was aan die gang toe die NDBV se taakspan opgedaag het,” het Espe Kotze, woordvoerder vir die organisasie, gesê.

Sy sê sy was geskok oor die realiteit en vreeslike geweld wat die honde moes deurgaan. “Die honde vrek gewoonlik weens bloedverlies, skok, ontwatering, uitputting of selfs dae ná die geveg omdat hulle selde behoorlike veeartsenykundige behandeling vir hul beserings ontvang.”

Sy sê nie een van die honde wat Sondagaand gered is, is gesteelde diere nie. Elke hond is opgelei om te baklei.

Die 18 mense sal Maandag in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Trippie ·

Ek hoop en bid hulle word swaar gevonnis.

GEEN mens met meer as 1 breinsel sal dit doen aan ‘n dier nie. Het oor die nuus gehoor dat van hierdie diere dadelik uitgesit moes word weens die beserings en toestand waarin hulle was na die gevegte.

As mens nie liefde vir diere het nie, hoe kan jy life wees, of ten minste omgee vir diere.

HARTELOOS

Madelaine Rosslee ·

Daar moet strenger regulasies ingestel word soos in Engeland oor die besit van n troeteldier of diere in die algemeen. Die telers moet meer begin omgee oor die diere en ophou vaskyk in die geld wat hulle daaruit maak. Ek self teel met Rottweilers en hou streng kontak en n ogie met almal wat na nuwe huise gaan. Dit maak my woedend dat sulke dinge gebeur want die diere ly onder die waansin en geldgierigheid van die mens! Sulke mense moet aangekla word vir moord en die straf moet daarmee saamgaan. Alle eer aan die NDBV en instansies wat die stem van die diere is en ek hoop hulle maak daai stem dik met die hofsaak, Geen borg moet toegestaan word nie!

Nickie ·

Dis ook hoekom mens nooit jou hond verniet moet weggee aan ‘n vreemdeling nie. Die arme dier word dalk net vir hondegevegte gebruik terwyl jy dink hy het ‘n lekker lewe iewers op ‘n plaas.

leon ·

Ek stem Trip. Wens iemand kan hulle so verskeur dat hulle voel hoe voel dit. Dis monsters. Wens hulle vrot in die tronk.

Trippie ·

Jy praat so Leon – ek voel net so oor diegene wat jaar na jaar klappers skiet.

Maggie ·

Skuim dit is wat hulle is, da Vinci het gese ( he who does not value life does not deserve it)Hoop hul vergaan van ellende en vrot in die tronk.
Trip kan iemand nie petisie begin in elke dorp in ons land teen klappers skiet en die winkels boikot wat dit verkoop nie.

Dikkes ·

Hierdie rubbish moet vir die honde gevoer word, laat hulle uitmekaar geruk en verskeur word. Arme diere. Ja ek het ook gehoor dat die honde almal uitgesit is. Dit is wreed, onmenslik. Kan my nie eers indink die lyding wat sommige van hierdie honde net nie moes deurmaak nie. Sulke gemors.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.