187 polisiebeamptes vas in twee maande

SAPDʼn Totaal van 187 polisiebeamptes is die afgelope twee maande vir misdade soos moord, verkragting en roof in hegtenis geneem, berig die Sunday Times.

Volgens die berig is daar tussen 8 Julie en 26 Augustus 39 beamptes vir moord, 14 vir verkragting, 20 vir roof en 23 vir korrupsie in hegtenis geneem. Die Sunday Times het die inligting bekom vanaf ʼn dokument wat deur die polisie se menslike hulpbronne departement uitgereik is. Daar is ook nege beamptes in hegtenis geneem vir die besit van dwelms, nege vir dronkbestuur, agt vir diefstal, vyf vir aanranding en twee vir kaping. Die Sunday Independent berig intussen dat die Gautengse regering nagenoeg R100 miljoen in siviele eise teen die polisie in 2011 en 2012 uitbetaal het. In 2012 was daar 1427 eise teen die polisie in vergelyking met die 652 in 2011. Faith Mazibuko, LUR vir gemeenskapsveiligheid, het dit bekend gemaak in antwoord op ʼn parlementere vraag. Mazibuko sê die toename in eise is as gevolg van mense se bewustheid rakende hul grondwetlike regte en sekere regsfirmas wat spesialiseer in die tipe eise.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Vas Vat ·

So is dit maar ne, hierdie ouens is veronderstel om wet en orde te handhaaf ??? [ ek skeer nie die hele mag onder dieselfde kam nie, daar is virseker van hulle wat wel hulle plig nakom ]

wragtig ·

Vas vat soos hulle nou aangaan is daar een van die dae meer beamtes in die tronk as kriminele. Is hulle nie veronderstel om gekeur te word uit duisende nie. Ek ruik n muishond.

H J Bester ·

Dis is bykans ondenkbaar dat diegene wie wet en orde moet handhaaf in die land, in soveel getalle skuldig is aan misdrywe en misdade. Hoe veilig kan mens dan nou voel in Suid-Afrika ?

wragtig ·

Bester ek is al te bang om die polisie te bel. Hulle kyk wat het jy in jou huis. Dan moet jy ligloop.

Jasper ·

Gauteng Prov. se rekening is R100 MILJ. Waar is die ander provinsies se skade ?
As jy vining wil geldmaak, kry n polisieman om jou so paar klappe te gee en sit n eis in.
Ek wil nog verder kommentaar lewer maar wat ek wil sê gaan Marula WEER afhaal.

Ver Van Ryn ·

Ooo, so die rede hoekom die aantal eise toeneem is omdat die regering geld spandeer om mense bewus maak dat burgers die polisie kan hof toe vat en nog van hul geld kan vat…regtig? En sy/hy dink ons gaan dit glo? Die aantal eise neem toe omdat die aantal misdade wat die polisie pleeg toeneem! 187, weet iemand dalk hoeveel mense werk vir die polisie, dat ons bietjie kan sien hoe groot persentasie moet hulself laat toesluit elke maand!

akram ·

Dis baie erg, ek dink die polise se sterkte is maar amper 200 000??? as dit reg is, dan het amper n tiende van die mag in die selle geslaap? Ek kry die mense jammer, die wat regtig n poging aanwend moet nou ook deurloop. Ek hoop dat die glorie van ouds, herstel kan word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.