18e herdenking van 1995 Wêreldbekeroorwinning

Foto:SAbreakingnews

ʼn Lokprent van die rolprent, Invictus, volg onderaan die berig. Ondanks die nuus Sondagaand dat oudpresident Nelson Mandela se gesondheid kritiek verswak het, is dit vandag die 18de herdenking van die 1995 Wêreldbekeroorwinning.

Talle Suid-Afrikaners onthou die prentjie van Francois Pienaar wat in 1995 die Wêreldrugbybeker omhoog gehou het, berig SA Breaking News. Mandela het op dié dag trots in ʼn groen nommer 6 Springbok-rugbytrui in Ellispark gestaan om die Bokke se oorwinning teen die All Blacks te vier. Mandela het die William Webb Ellis-trofee aan Pienaar oorhandig en sy vuis in die lug gehou, uit blydskap oor die oorwinning.

Hy het ook voor die taai eindstryd die Springbokke aangemoedig. Suid-Afrika het die All Blacks uiteindelik 15-12 geklop. Die wedstryd was ʼn geskiedkundige gebeurtenis in die land se geskiedenis, en die rolprent Invictus vertel die verhaal.

Dit was ‘n keerpunt in Suid-Afrika se rugby- en sportontwikkeling, want mense van alle rasse het saamgekom om die rugbyspan te ondersteun, berig SA Breaking News verder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.