19 beseer toe bus in Wes-Kaap rol

Negentien mense is Donderdagoggend in die Wes-Kaap beseer nadat ‘n bus naby Vredendal gerol het.

“Die bus het omstreeks 06:00 in Holrivierweg, sowat 5km buite Vredendal, in die rigting van Lutzville, gerol,” het Keri Davids, woordvoerder van die departement van gesondheid se nooddienste in die Wes-Kaap, gesê. “Vyftien persone is met privaatvervoer daar weg nadat hulle geringe kneusplekke en snywonde opgedoen het.” Volgens Davids is twee mans kritiek beseer. “Een pasiënt het ‘n ernstige bekkenbeenbesering opgedoen.”

Twee vroue en twee mans is ernstig beseer. Dertien pasiënte het geringe beserings en kneusplekke en snywonde opgedoen, en was geskok ná die voorval. “Alle pasiënte is met ambulanse na die Vredendal-hospitaal geneem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.