19 in Amanzimtoti-ongeluk beseer

Die ongelukstoneel Foto: ER24

Negentien mense is beseer nadat ʼn taxi en ʼn motor Woensdagoggend in ʼn botsing op die N2 net voor Adamsweg in Amanzimtoti betrokke was.

Die taxi het aan die kant van die pad gestaan en die motor het in die regterkantste baan gestaan toe ER24-paramedici en ander noodpersoneel by die toneel opgedaag het. “Paramedici het die pasiënte ondersoek. Die bestuurder van die motor is vir nek- en rugbeserings behandel, terwyl pendelaars in die taxi vir algemene pyne en geringe skraapwonde behandel is,” het Derrick Banks, woordvoerder vir ER24 gesê. “Die pasiënte is op die toneel gestabiliseer en na verskeie hospitale in die omgewing geneem vir verdere behandeling.”

Die oorsaak van die ongeluk sal deur die plaaslike owerhede ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.