19-jarige kritiek ná elektriese skok

Foto's: Netcare911

ʼn 19-jarige man is kritiek beseer nadat hy glo op ʼn onbedekte elektriese draad getrap het terwyl hy saam met sy broer gestap het.

Jeffrey Wicks, ʼn woordvoerder van Netcare911, sê die voorval het Woensdagmiddag in Mamelodi, Pretoria, plaasgevind.

“Na wat verneem word, het hy op ʼn onbedekte elektriese draad getrap. Die draad is glo vir ʼn onwettige elektriese verbinding gebruik,” het Wicks gesê.

Die man is na die Stanza Bopape-kliniek geneem waar Netcare911 paramedici hom behandel het. “Die man het erge brandwonde aan sy voete, hande en bors opgedoen. Hy is aan ʼn ventilator gekoppel en met ʼn helikopter na die Netcare Milpark-hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Wicks gesê

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.