19-jarige ma vermoor kind, probeer selfmoord pleeg

ʼn 19-jarige vrou van die Wes-Rand is Sondag in hegtenis geneem nadat sy haar 1-jaaroue dogtertjie glo met ʼn mes doodgesteek het.

Ao Solomon Sibiya sê die polisie het die vrou omstreeks 03:00 by haar huis in Kagiso Sondagoggend in hegtenis geneem. “Die dogtertjie het vyf meswonde aan haar bors gehad. Die kind het steeds asem gehaal toe die polisie opdaag.” Die vrou het glo ʼn oordosis pille geneem voordat sy die kind gesteek het. Sy het gesinslede gebel om te bely wat sy van plan is om te doen. Die gesinslede het die polisie ontbied. Sibiya sê die vrou het skuld erken aan die polisie en ʼn selfmoordbrief is by haar opgespoor. “Die kind is later op die toneel dood verklaar en die vrou is deur paramedici behandel,” het Sibiya gesê. Die vrou sal binnekort in die landdroshof in Kagiso verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.