19-jarige sterf in motorfietsongeluk

ʼn 19-jarige motorfietsryer is Dinsdagoggend in ʼn botsing in Krugersdorp dood.

Volgens Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het die ongeluk op Northvayweg plaasgevind. “Dit is nog nie seker wat die ongeluk veroorsaak het nie, maar daar was ʼn ander voertuig betrokke,” het Steinmann gesê.  Die motorfietsryer was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het.

Die bestuurder van die ander voertuig is ongedeerd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.