19-jarige word al van Vrydag vermis

Bianca Joubert

Bianca Joubert (19) is glo Vrydag by die Midlands Mall-winkelsentrum in Pietermaritzburg ontvoer.

Twee dames van ʼn haarsalon by die winkelsentrum het glo gesien hoe Bianca, wat glo ook by die winkelsentrum gewerk het, saam met ʼn man in ʼn wit Toyota Corolla, met registrasienommer NP32858 klim. Bianca se ma, Hannetjie, het Maandag aan Maroela Media gesê hulle wil nie op die oomblik verdere inligting bekend maak nie, om seker te maak dat die ondersoek nie beïnvloed word nie.

André Snyman van eBlockwatch ontvang Hannetjie egter boodskappe op haar selfoon dat hulle Bianca gaan vermoor.

“Ons weet dat sy definitief nog leef,” het Hannetjie gesê.

Hannetjie het reeds van Tzaneen, waar sy bly, na KwaZulu-Natal gereis en het Maandagoggend in Pietermaritzburg aangekom.

Snyman het bevestig dat die polisiebeampte Bianca se selfoon gaan probeer opspoor.

Engiemand met verdere inligting word versoek om met die polisie in verbinding te tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nana Rechner ·

Enquiry (NOT A CASE OF ANY CRIME)of Pietermaritzburg KZN Bianca Joubert 19 yr 5 July 2013. Circumstances: It is believed that Bianca was last seen getting into a vehicle near the Liberty Mall. There is camera footage which showed that she was not forced at all. All speculation and wrong messages put out. Thanks to WO de Villiers who headed up this enquiry she has been found in Pietermaritzburg she is safe and unharmed. Case of depression etc so we leave the family to heal her mother is with her now. There was no crime involved. 18.03pm Monday 8 July 2013. Once again our org has met new friends in the SAPS. Salute boys and girls in blue. Great job done. PLTT

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.