19 mense sterf in gru-ongeluk

Negentien mense is Maandag dood toe ʼn taxi en ʼn motor reg van voor gebots het in die Vrystaat.

ʼn Polisiewoordvoerder, sers. Mmako Mophiring, sê die taxi en die motor het na die botsing aan die brand geslaan. Hy sê die botsing het op die R26 tussen Frankfort en Tweeling plaasgevind. Mophiring sê van die oorledenes het onherkenbaar verkool. Hy sê die motor, met vier insittendes, het glo ʼn ander motor probeer verbysteek toe dit reg van voor teen die taxi gebots het. Die taxi was onderweg na Johannesburg. Die vier insittendes in die motor en vyftien insittendes van die taxi is op die toneel dood. Mophiring sê sewe ander mense is ernstig beseer en na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.