19 nuwe politieke partye

stemAltesaam 19 nuwe politieke partye het die afgelope nege maande op ‘n nasionale vlak by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) geregistreer.

Dié partye sluit Mamphela Ramphele se Agang SA en Julius Malema se Economic Freedom Fighters in. Die Workers and Socialist Party, Lekgotla for Democracy Advancement, die International Revelation Congress (IRC) en die Poelano Revelation Party is ook van die partye wat geregistreer het om volgende jaar tydens die nasionale verkiesing hopelik setels in die parlement in te oes.

Kokoloti Mametja, leier van Lekgotla, het Woensdag gesê Suid-Afrikaners is nou “slimmer” en besef dat die ANC nie bied wat hulle belowe het nie. “Ons is in baie groot moeilikheid in die land,” het Mametja gesê. “As ‘n staatsamptenaar weet ek dit.” Mametja, ‘n voormalige lid van die ANC, het in die departement van plaaslike regering gewerk voordat hy in Augustus bedank het. Volgens hom het die ANC se “wiele afgekom” in die vroeë 2000s toe nepotisme, korrupsie, en kaderontplooiing aan die orde van die dag was. Lekgotla is in 2011 as ‘n burgerregte-organisasie begin.

Thinawanga Mammba van die IRC het gesê hy het sy party begin omdat die ANC niks vir die mense doen nie. “Die regerende party het aanvanklik gesê hulle sal alle Suid-Afrikaners verenig, maar hulle verdeel mense. Hulle kom nie hulle beloftes na nie.” Mammba, glo ‘n voormalige verteenwoordiger van die National Union of Metalworkers of SA (Numsa), sê niemand moet meer in ‘n plakkershut sonder elektrisiteit of lopende water bly nie. Hy voer aan die IRC het reeds 34 000 lede en is baie sterk in Limpopo.

Van die ander partye wat geregistreer het, is: die Bolsheviks Party of SA, Direct Democracy Forum, First Indigenous Nations Civic Association of SA, die Nationalist Coloured Party, die Nehemiah Liberation Christian Party, People’s Party of SA, Security Workers Political Party, SA People’s Party, True Freedom Party, Ubumbano Lwesizwe Sabangoni en die United Congress.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Jasper ·

19 Partye wat wil voel hoe ry die Soustrein. Gou maak, hy gaan nie meer lank loop nie.

H J Bester ·

Dis nogal insiggewend dat daar soveel partye gedurende die afgelope tyd ontstaan het – en meeste spreek hul teleurstelling in die ANC uit vir nie-nakoming van vele beloftes.

Daar kan bo redelike twyfel aanvaar word dat die ANC swakker gaan vaar met die 2014-verkiesing – waarskynlik die swakste ooit. Dis ‘n goeie ding want dan kan die huidige greep wat die ANC oor die Staatsdiens en verwante dienste hou, hopelik verminder of grootliks uitgewis word.

Wessel van Vuuren ·

Almal gaan net uit om beloftes te gee. Dis soos die vrou wat haar derde skeisaak mee besig is by die prokereur toe dit uitkom dat sy nog steeds ‘n maagd is. Toe die prokereur haar daaroor uitvra was haar verduideliking as volg:

My eerste man was impotent. Daar het niks in die huwelik gebeur nie.
My tweede man was gay. Hy het niks in my belang gestel nie.
My derde man van wie ek nou wil skei, is ‘n minister. Al wat ek tot dusver van hom af gekry het was net beloftes, beloftes en nogmaals beloftes.

Aletta Riddles ·

Ek weet nie van sous treine nie….
ons land is in n treurige toestand. Kinders het Hulle menswaardigheid verloor. Ons mag nie ons rue op Hulle draai nie…. Hulle het Jesus brood nodig.
Hulle moet gehelp word. Bid vir Hulle. Asb……. Dankie

Meisie ·

Dit gaan hier net oor dit wat die party self kan baat , en nie oor wat hulle vir die mense kan doen nie!! Almal behoort teen die tyd te weet dat as al hierdie honderde klein partytjies nie gaan saamstaan en een groot party vorm nie, die ANC nooit geklop gaan word nie. Waarom kan almal wat hul stemme wil lig, nie saamstaan nie, dan kan hulle darem iets uitrig!! Maar dit gaan net oor eie gewin, hulle volg net die president se voorbeeld!!!

Aletta Riddles ·

Nehemiah Liberation CHRISTIAN
Party N.L.C.P
Is nog steeds aan die gang. Geld ontbreek wel. Maar ek weet dat my Verlosser lewe.
Daar is miljoene tieners wat nog bereik moet word. Ons planne is in God se hand. Prys die Here!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.