19 onwettige mynwerkers ondergrond vasgekeer

Altesaam 19 onwettige mynwerkers is Dinsdag ondergrond vasgekeer in ʼn diamantmyn naby Kleinzee, Noordkaap. Na wat verneem word, het ʼn tonnel van ʼn myn wat toegemaak het, omstreeks 03:00 ineengestort.

Volgens kaptein Cherelle Ehlers, ʼn polisiewoordvoerder, het die mans onwettig vir diamante by die Bontekou-myn gemyn. Die myn het in April toegemaak. Elf mans kon ontsnap en het die polisie van die voorval in kennis gestel.

Polisie en reddingswerkers van Kommagas, Kleinzee, Port Nolloth, Upington en Kimberley is op die toneel.

Volgens Ehlers is reddingswerkers besig om met die werkers te kommunikeer, maar hulle weet nog nie in watter toestand hulle is nie.

“Die ingestorte gebied is omtrent 6 meter diep en los grond hinder die reddingsproses,” het Ehlers aan Maroela Media gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.