19 sterf na trein vragmotor tref

Foto: @HALO_Aviation

Minstens 19 mense is dood en talle beseer nadat ʼn trein ʼn vragmotor getref het by ʼn spooroorgang naby Malelane in Mpumalanga.

ʼn Woordvoerder van Netcare911, Jeffrey Wicks, sê meeste van die oorledenes was plaaswerkers wat deur die vragmotor vervoer is. Die ongeluk het by ʼn spooroorgang tussen Hectorspruit en Malelane plaasgevind. Wicks sê minstens 24 mense is beseer, waarvan vier ernstig. Die vragmotor het glo probeer om oor die treinspoor te ry toe dit deur die trein getref is. Die beseerdes is na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling.

Foto: @TrafficMap

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.