Negentien mans is in hegtenis geneem nadat ʼn dwelmlaboratorium by ʼn huis in Gillits in KwaZulu-Natal ontdek is.
Lt.genl. Solomon Makgale, woordvoerder van die polisie, sê dwelms met ʼn straatwaarde van R41 miljoen is op beslag gelê. Heroïen, Mandrax-tablette en toerusting om dwelms mee te vervaardig is ook in die laboratorium gevind. Die 19 mans is almal buitelanders tussen 18 en 37 jaar oud. Makgale sê hulle vermoed die mans is deel van ʼn sindikaat.
Dit is nie kleingeld nie. Hoeveel mense se lewens word nie so verwoes nie? Kan ook nie anders indien die grense oop is vir mense om te kom en te gaan soos hulle wil. Mooi stortkop. Misdaad in die land moet voor jou deur gele word.