1time in die knyp

Foto: Reint Dykema

Die laekoste-lugredery 1time Holdings het Dinsdag aansoek om ondernemingsredding gedoen.

1time Holdings se bedryfsfiliale, 1time Airline en Jetworx Aircraft Services, is weens finansiële probleme in dié proses geplaas, berig Sake24.

Die maatskappy het gesê 1time en Jetworx sal in bedryf bly terwyl die proses aan die gang is. Daar word berig die direksie is oortuig dat daar gunstige vooruitsigte is en dat die maatskappy se probleme opgelos kan word. “’n Omvattende plan vir ondernemingsredding word tans opgestel wat waarskynlikheid die bedryfsfiliale se kanse op voortbestaan sal verbeter,” het die maatskappy gesê.

“1time Airline en Jetworx sal voorts deur ondernemingsreddingspraktisyns bedryf word wat ook die maatskappy sal help om ’n reddingsplan op te stel wat vir alle partye aanvaarbaar sal wees.”

Hulle sê verder die maatskappy gaan op meer winsgewende roetes konsentreer en die maatskappy finansieel en strategies herstruktureer sodat dit doeltreffend en volhoubaar bedryf kan word.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.