1time-likwidasie veroorsaak chaos

Die foto is deur @malungelob op Twitter gelaai.

Terwyl honderde passasiers op lughawens regoor die land gestrand is of inderhaas alternatiewe reisplanne moes maak is 1time nog besig om gebeurlikheidsplanne in plek te kry.

1time het gister aangekondig dat hy om likwidasie aansoek gedoen het en dat al sy vlugte met onmiddellike effek gestaak is. 1time se laaste vlug het omstreeks 15:00 gistermiddag opgestyg. Intussen het talle passasiers hul misnoeë met 1time op sosiale netwerke te kenne gegee. Die sanger Bobby van Jaarsveld het geskryf: “Ek en die band het 14 vlugte op 1time verloor, NET vir Desember shows.” Die TV-aanbieder Liezel van der Westhuizen het intussen op Twitter gesê dat sy in Zanzibar gestrand is. Intussen berig EWN dat 1time nog nie gebeurlikheidsplanne in plek het nie. Honderde passasiers probeer nog antwoorde kry oor of hulle vergoed sal word vir kaartjies wat hulle gekoop het. Die moontlikheid van vergoedings is egter nog nie deur 1time bevestig nie. Intussen het verskeie banke aangedui dat kliënte wat 1time vliegkaartjies met hulle kredietkaarte gekoop het, vergoed sal word.

Die Suid-Afrikaanse Lughawensmaatskappy (ACSA) het intussen ʼn beroep gedoen op passasiers wat geraak word om 1time te kontak by 011 086 8300 of 011 086 8000.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.