1Time-vliegtuig het wéér enjinprobleme

Die passasiervliegtuig van die lugredery 1Time wat vroeër die maand ʼn noodlanding by die King Shaka internasionale lughawe in Durban moes uitvoer weens enjinprobleme, het Maandag weer dieselfde probleem gehad.

Volgens die lugredery het die enjinprobleme ontstaan terwyl vlug T6 647 van Kaapstad gereed gemaak het om te land in Durban. Refilwe Masemola, ʼn woordvoerder van 1Time, sê die linkerkantse enjin het tegniese probleme ondervind. Masemola sê dit is dieselfde vliegtuig wat op 5 Augustus ʼn noodlanding moes maak weens enjinprobleme. “Dit is dieselfde vliegtuig maar die keer is dit ʼn ander enjin. Alles was voor die tyd nagegaan. Dit was ʼn onvoorsiene probleem.” Niemand is tydens die voorval beseer nie. Tydens die vorige voorval moes die vliegtuig, wat onderweg was na Kaapstad, kort ná dit opgestyg het, terugdraai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.