1Time-vliegtuig maak noodlanding

Die 1Time-vliegtuig is op 31 Oktober 2010 inderhaas ontruim na rook by die vliegtuig se enjin uitgekom het.

ʼn Passasiervliegtuig van die lugredery 1Time het Sondagaand ʼn noodlanding gemaak by die King Shaka internasionale lughawe in Durban.

Colin Naidoo, ʼn woordvoerder, sê die aanloopbaan by die lughawe is Sondagaand van 17:00 tot 20:00 gesluit vir die noodlanding. “Die aanloopbaan is weer opgemaak maar daar is ʼn vertraging van drie ure.” Naidoo sê die rede vir die noodlanding word ondersoek. Geen verdere besonderhede was onmiddellik beskikbaar nie.

Op 31 Oktober 2010 by die OR Tambo internasionale lughawe is ʼn 1Time-vliegtuig inderhaas ontruim nadat dit enjinprobleme ondervind en rook by die linkerkantse enjin van die vliegtuig uitgekom het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.