2 bewaarders vermis ná hul kano konfiskeer

Twee wildbewaarders van Kwazulu-Natal word sedert Vrydag vermis nadat hulle in ʼn kano gevaar het waarop hulle beslag gelê het.

Ezemvelo KZN Wildlife het Sondag in ʼn verklaring gesê die twee veldwagters was deel van ʼn groep van vier bewaarders wat op onwettige visnette in die Nhalabane-meer by die Enseleni-natuurreservaat afgekom het. “Naby die nette was ʼn kano wat vermoedelik deur die mense, wat die nette in die water gesit het, gebruik is,” lui die verklaring.

Die bewaarders het besluit om op die kano beslag te lê. Hulle het glo besluit om in die water daarmee te vaar, omdat dit te swaar sou wees om te dra. Die ander twee bewaarders het met die motor teruggery na hul hoofkwartiere en agterdogtig geraak ná hul kollegas nie opgedaag het nie.

Polisieduikers en die honde-eenheid is ontbied en tot dusver is die soektog onsuksesvol. Hulle het wel ʼn roeispaan gevind. “Ons is positief dat die wagters steeds lewe en ons sal nie ophou soek tot ons hulle kry nie,” het die verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Phillip ·

Hi Adriana, ons het tans net die verklaring wat hulle uitgestuur het. Ons het gebel maar niemand tel hul tellefone op nie. Ons sal Maandag weer opvolg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.