2 dood, 22 beseer ná skietery by huispartytjie

Die toneel ná die skietery Foto:  Anita Hassan/Houston Chronicle

Die toneel ná die skietery Foto: Anita Hassan/Houston Chronicle

Ten minste twee mense is dood en 22 beseer ná ‘n skietery Saterdagaand by ‘n tienerhuispartytjie naby Houston, Texas in Amerika.

“Die polisie is op soek na twee verdagtes in verband met die skietery wat Saterdagaand omstreeks 23:30 in Cypress, Houston, plaasgevind het,” het Christina Garza, woordvoerder vir die Harris County-polisie, Sondag aan CNN gesê. “Ons kon nog nie met baie getuies praat nie, weens die aard van hul beserings. Maar ons het nog nie enigiemand in hegtenis geneem nie.”

Een persoon is op die toneel dood en die ander het in die hospitaal gesterf.

Die 22 beseerdes is na vyf plaaslike hospitale gehaas, maar dit is nog nie duidelik hoeveel geskiet en hoeveel in die stormloop om uit die huis te kom, beseer is nie. “Dit was chaos in ‘n residensiële buurt. Dit was ‘n privaathuis waar hulle ‘n huispartytjie gehou het,” het Garza gesê.

Meer as 100 mense was by die huis om ‘n verjaarsdag te vier.

Garza sê daar was ten minste een volwassene by die huis en dat meeste van die partytjiegangers tieners was. Sommige partytjiegangers was in hul vroeë 20s.

Geen verdere besonderhede is tans beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.