2 dood, 8 kritiek ná KZN-busongeluk

Twee mense is dood en agt kritiek beseer tydens ʼn busongeluk Woensdag omstreeks 12:30 op die R74-pad naby Kranskop, KwaZulu-Natal. Die botsing het omtrent 30km buite Kranskop plaasgevind. Na wat verneem word, het die bus sowat 50 passasier vervoer.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare911, sê verskeie mense is beseer. “So ver is twee mense dood en agt kritiek beseer. Die brandweer moes die mense uit die wrak sny,” het Botha gesê. Pasiënte is op die toneel behandel en na verskeie nabygeleë hospitale geneem.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.