2 dood, “dronk” verkeersbeampte gevang

‘n Verkeersbeampte is ná ‘n noodlottige ongeluk naby Hermanus in die Overberg vir dronkbestuur in hegtenis geneem.

Twee mense is dood en twee ander, insluitend ‘n kind, is Sondagoggend in die ongeluk op die R43 beseer. Owerhede sê hulle was in een voertuig, en die beskuldigde, wat in die stadium nie aan diens was nie, het die ander voertuig bestuur, berig EWN. Kenny Africa, provinsiale hoof van die verkeersdepartement, sê die beampte is in sy aanhouding. “Hy word van bestuur onder die invloed van alkohol en strafbare manslag aangekla,” het Africa gesê. ‘n Hoëprofiel-polisiebeampte van Kaapstad is verlede naweek in hegtenis geneem in verband met dronkbestuur nadat hy met sy voertuig in ‘n ander in Khayelitsha vasgejaag het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.