2-jarige in kar toegesluit

‘n Twee-jarige dogtertjie is Saterdag alleen in ‘n motor gelaat toe haar ma gaan inkopies doen het.

Die dogtertjie was ontwater en haar liggaamstemperatuur baie hoog toe paramedici op haar afgekom het. “Die dogtertjie is in ‘n ernstige toestand nadat sy Saterdagmiddag alleen in ‘n motor in Constantiapark in Roodepoort gelaat is,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare911 gesê.

‘n Pastoor het die ruit gebreek om die kind uit die motor te bevry. Sy is op die toneel gestabiliseer voordat paramedici haar na die polisiestasie geneem het.

Die polisie het die pa van die kind gekontak om haar te kom haal. Dit is nog nie duidelik wat met die ma gebeur het of hoe lank die kind in die motor toegesluit was nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.